Sunday, May 16, 2010

Opwindende vreemdeling - Hoofstuk 1: Die ontmoeting

Dis tyd vir die maatskappy se jaarvergadering en Adelle moet alweer hul tak verteenwoordig. "Ek is al so moeg daarvoor. Ek het wragtie nie op die oomblik energie vir daardie spul nie. Elke jaar dieselfde vervelige gesprekke. Elke jaar dieselfde mense met dieselfde geite. Na sluitingstyd, dieselfde storie. Die mans suip in ʼn blou gerookte vertrek en die vrouens skinder oor mekaar. ʼn Paar vrouens gedra hulle nes die mans en ek kan dit nie meer uitstaan nie." So loop haar gedagtes terwyl sy inpak. Sy wou eers weier, maar met haar finansiële welstand in gedagte, besluit sy om maar bek te hou en te tog gaan. Ten minste kan dit bietjie afleiding wees en die maatskappy betaal.
Met ʼn swaar gemoed pak sy haar tas. "Ek sit die kort swart nommertjie ook in. Hoekom?" wonder sy so by haarself. "Gaan jy dit nou vir jouself aantrek waar jy saans alleen in jou kamer gaan wees?" Ag wat, dit is nou klaar in. Daar is ook nie tyd om weer uit te pak nie, want buite druk ou Jan al die toeter. Onopgevoede bees! Hy is die maatskappy se jongste toevoeging, ʼn ou suurknol wat die werk gekry het omdat hy die baas se neef is. Doen flippen niks, maar maak of hy die baas is. Lekker dikbek omdat hý nie kan gaan nie.
Die rit tot by die lughawe word in stilte afgelê. Adelle is doodbang vir vliegtuie, was nog altyd, maar nou lyk die vliegtuig soos ʼn limousine teen ou suurknol se motor. Sy klim vinnig uit, en hardloop amper sonder die tas die gebou binne. Laat ou suurknol dit maar dra. Hy is mos ʼn gentleman.

In Durban aangekom, sak Adelle dankbaar op die bed neer. Geestelik en liggaamlik moeg. Die eerste sessie is oor ʼn uur. Ken mekaar. Daar is glo nuwe personeel teenwoordig hierdie keer. Seker weer iemand se antie.
Later klim sy in die bad en ontspan terwyl haar gedagtes na vanaand se besigheid dwaal. Die nuwe lede is seker weer die een of ander vroumens – óf iemand se antie, óf ʼn oujongnooi, óf ʼn suurknol wat deur ʼn man daarheen gedryf is. Altyd dieselfde tipe. Vies klim sy uit die bad, haar hele gemoed nou sommer suur. Hierdie jaar is die besigheid nogal semi-formeel ook. Hoe leer mens iemand beter ken met ʼn semi-formeel? Semi-styf? “Ag nou ja. swart nommertjie, laat ons maar sien wat gebeur vanaand.” dink sy terwyl sy die sagte stukkie lap oor haar kop gooi.
Toe sy die kamer verlaat, lyk sy, om die waarheid te sê, nie sleg nie. Die rok pas heel skaflik, die nuwe, langer hare is gedoen en sy is mooi ingekleur. Die lae hals wys net genoeg om nie hoererig te lyk nie. Sy stap na die bymekaarkomplek. Ou bekendes plak soene op haar wang. Sy walg van die rook-drank walms en die vatterige hande op haar boud, maar maak of sy dit nie agterkom nie.
Adelle kyk die mense deur terwyl sy aan die glas rooi wyn teug. Almal dieselfde. Sy voel iemand se oë op haar en soek. Daar, aan die oorkant van die vertrek, sit ʼn nuwe ou. Bietjie ouer as sy en ʼn rilling gaan teen haar rug af. Dis asof sy oë roep. Sy kyk vinnig af. Moet darem nie lyk of mens staar nie. Ongeërg kyk sy na die ander mense, maar haar oë trek vanself terug. Hy kyk nog steeds. Nou kan sy nie weer wegkyk nie. Dis asof hy haar oë vasgevang het.
Adelle sien hy staan op en weet sommer, hier kom ʼn ding. Sy sien niemand meer raak nie, oë vasgenael op die man wat doelgerig op haar afstap. Halfpad word hy omsingel deur die maatskappy anties. Almal kloek en koer en sy besef hulle gaan hom nou annekseer. Dit is ook so. Hy kan nie roer nie en toe word haar aandag afgetrek deur ou Pieter. Adelle en hy kom al ʼn lang pad met die maatskappy saam. Hulle gesels altyd lekker, want hy is ook nie vir dié sirkus gebou nie. Kort-kort dwaal haar oë na die nuweling tussen die kloekende anties. Hulle kwetter en kwyl en hy lyk ongemaklik. Sy oë soek ook. “Oulike ou daai” hoor sy Pieter sê. “Ken jy hom?” vra sy verbaas. “Ja, man. Dis ons nuwe area bestuurder.” Kom dit van Pieter. “Lyk my julle twee loer al vir mekaar” kom dit weer. Nou kan jy haar met ʼn veer omtik. Ou Pieter is toe glad nie so dom soos hy lyk nie. Haar vriend is oplettend. Hy staan op en Adelle besluit hy is seker maar verveeld met haar geselskap Sy is immers ook nie baie spraaksaam vanaand nie.
Die volgende oomblik staan Pieter en die vreemdeling langs haar tafel. Pieter stel hom voor as Armand (die van kan sy tot vandag toe nie onthou nie, haar ore het te veel gesuis) Die man se diep stem roer haar binneste dadelik tot lekkerkry. (Adelle is mos hoeka ʼn sucker vir mooi stemme) Sy hand hou hare net ʼn rukkie te lank vas. Pieter het soos mis voor die son verdwyn, maar niemand kom dit eens agter nie.
Dwarsdeur die toesprake, die verwelkomings, die aankondigings en die naamplaatjie makery deur, is Adelle net bewus van die man langs haar. Later toe niemand meer iets op die hart het nie en die manne drank se kant toe beweeg, vra Armand of sy saam met hom op die stoep ʼn koffie wil geniet. Natuurlik wil sy, maar ewe kalm sê sy dat dit lekker sal wees.
Buite is dit heerlik. Nie koud nie, maar ook nie te warm nie. Hy bestel die koffie en plaas sy arm op haar stoel se leuning. Die hitte van sy arm teen haar nek, roer haar binneste. Hulle gesels oor alles en nog wat. Toe die koffie kom, vou Adele haar hande dankbaar om die koppie. Sy moet iets hê om aan vas te hou voordat haar hande verkeerde rigting inslaan.
Daar is nou ʼn stilte tussen hulle. Dis nie ʼn ongemaklike stilte nie. ʼn Lekker veilige, rustige stilte. Hulle kyk na die liggies in die verte. Die see se bekorende geruis, roep hulle strand toe. Die kort afstand strand toe word in stilte gestap, hand aan hand loop hulle. By die strand trek Adelle haar skoene uit. Sy doen dit altyd, is mal oor die water wat so oor haar voete spoel.
Uitgelate soos ʼn kind hardloop sy ʼn paar tree die water in, lag uit haar maag toe die water teen haar bene klits. Armand staan haar oopmond en aangaap. Seker nog nooit ʼn middeljarige kind in die water gesien nie. Toe sy laggend uit die water kom, stap hy nader en die volgende oomblik is sy arms om haar. Adele vergeet van alles en almal om haar. Hy soen haar soos sy nog nooit gesoen is nie. Sy sterk arms hou haar styf vas. Toe hy uiteindelik sy kop optel, lees sy ʼn onmiskenbare boodskap in sy oë. Al wat sy kan doen, is om woordeloos te knik.
Die afstand hotel toe is nog korter as die kom. In haar kamer, druk hy die deur sag toe en soen haar weer. Sy hande lig die kort rokkie op en kruip oor haar boude. Sy voel hoe haar bene lam word. Met haar hande in sy hare en haar lyf styf teen syne, weet sy, vanaand gaan sy nie alleen slaap nie.
Hy dra haar bed toe en die ou rokkie trek oor haar kop asof dit nooit daar was nie. Sy hande speel oor die swart deurtrekker en die kant bra se knippie vlieg sonder moeite oop. Sy voel hoe die tepels dadelik reageer asof daar ʼn knoppie is wat hulle aanskakel. Sy mond is dadelik by. “Genade, ek sweef”. dink sy toe sy die warm asem in haar nek voel. Sy kon dit nog nooit weerstaan nie. Die klammigheid tussen haar bene is intens. Adelle begin onwillekeurig kreun toe sy tong die pad volg. Af, af, af. Die oomblik toe die tong sy eindbestemming bereik, weet sy: “ só was ek nog nooit gesuig en gesoen nie.” Dis ekstaties lekker, sy tong in en uit, suig en lek terwyl sy hande oral die regte knoppies bereik.

Armand stop en Adelle sien hoe sy klere van sy lyf af gestroop word. Sy sit regop en sien die stywe staaf voor haar oë. Skielik is sy so lus daarvoor, sy lek die puntjie, terg hom met die tong. Sy kreun van genot dryf haar amper tot waansin. Terwyl haar hande na die sak reik, neem sy die staaf in haar mond. Dit vul haar en sy suig dit tussen haar tande deur. Druk dit dan terug met die tong. Vryf met haar hande oor sy boude en dan lek sy dit asof dit roomys is. Van bo na onder al met die lengte af. Polsend klop dit in haar hand. Sy terg die openinkie met haar tong.

Adelle voel hoe hy verstyf en weet dadelik, nou moet sy stop. Sy hou nie daarvan om te sluk nie, wil hom binne haar voel, nou dadelik. Sy lê terug en trek hom saam met haar, lig terselfdertyd haar bene hoog en wyd teen haar lyf en voel hoe hy binnedring. Dit is ongelooflik lekker. Stadig begin hy beweeg. Adelle sweef en iemand kreun van genot. Haar lyf wriemel op die bed, sy kan dit nie beheer nie. al vinniger gaan die ritme terwyl haar hande die beddegoed vasklem. Weer en weer kreun iemand. Die ritme polsend, sy voel van diep binne haar die branders van begeerte aangerol kom. Sy ritme is nou ekstaties, driftig. Adelle voel hoe sy rug terugtrek en weet hier kom dit nou. Sien sy oë is toe en voel ʼn allemagtige brander wat gaan breek. Die volgende oomblik kom daai brander en breek oor hulle - gelyktydig bereik hulle ʼn klimaks, so intens dat dit aanhou en aanhou en aanhou. Dit voel vir haar of dit nie weer gaan ophou nie. Weer en weer.
Uitgeput val Armand langs haar neer, soen haar en hou haar dan styf vas. So raak hulle aan die slaap.
Die volgende oggend is hulle amper laat vir die eerste bymekaarkoms. Die res van die week is die byeenkomste ʼn fees. Adelle weet nie juis wat gesê word nie, dink net aan die passie wat in die kamer wag. Hulle sit langs mekaar en so af en toe, dwaal sy hand onder haar rok in, of hare na die knop in sy skoot.
Die einde van die week spoed nader en albei besef dat hulle mekaar nie weer gaan sien nie. Hulle het dit mos geweet en maak ʼn afspraak om Saterdagaand vir oulaas langs die see te gaan stap. Herinneringe vir die toekoms te bou.





©Gawelina 2009

0 comments:

Post a Comment

About Me

My Photo
I am a teacher of junior primary children 8 - 9 year olds, mother of two teenage daughters who are my pride and joy. I write about all things in life, but mostly for the kids. I already published one book and hope to have more in the new year. I wrote on Mabooki and Woes under the name Gawelina, but I publish my books under my real name. Ek is 'n kindertuin onderwyseres by 'n privaat skool. Huidiglik is my klas die Gr.2's en Gr. 3's. Ek skryf oor alles en nog wat, maar hoofsaaklik vir die kabouters. Ek het alreeds een boek gepubliseer en hoop om in die nuwe jaar nog op die tafel te hê. Ek het my werk op Mabooki en Woes geplaas onder die naam, Gawelina, maar my boeke word onder my regte naan gepuliseer.